Wenkbrou_Featured_Image_Blog_Persvrystelling_Hannes_Barnard_Halley_se_Komeet

Persvrystelling: Halley se komeet – Hannes Barnard

’n Treffende grootwordverhaal gedurende ’n onstuimige era

KOOP HIER | BUY HERE
Pete de Lange moet as tiener probeer oorleef in ’n klein Natalse dorpie gedurende die onstuimige tagtigerjare saam met sy nuutgevonde vriende: Petrus en Sarita. In ’n land wat bloei van rassekonflik is dit makliker gesê as gedaan. Pete en sy vriende het ’n wrede misdaad gesien en die skuldige is op hulle spoor. Sal reg en geregtigheid geskied in ’n land wat reeds polities verwronge is?

Dit is 1986 in Suid-Afrika. Pete de Lange, ’n sestienjarige Afrikaanse seun vanaf Dannhauser, ’n klein dorpie in Natal, se lewe is in flarde. Ná ’n insident tussen hom en Rudi, ’n Indiërmeisie, met die naam Sarita, en Petrus, ’n plaaswerker, het sy jaar verander, asook sy lewe. Wat gaan die psigopatiese Rudi doen om sy lewe nog meer hel te maak?

Rudi was die een was wat alles veroorsaak het. Sal hy betaal vir sy sondes ná wat hy aan Sarita gedoen het? Moet Pete na die polisie toe gaan? Sal hulle hom ooit glo? Ook: Waarmee is Sarita se pa, Venny Naidoo, besig gedurende sy geheime tweerigtingradiogesprekke laat in die nag? So baie drama vir ’n tiener wat net wil eerstespanrugby speel en sy droommeisie, Renate, se hart verower.

’n Onwaarskynlike vriendskap ontwikkel tussen Pete, Petrus en Sarita, waar hulle elke Sondagmiddag in die geheim bymekaar kom by Venny se winkel. Pete het gevoelens vir Sarita, maar dit kan nie, sy is dan ’n Indiërmeisie. Die spanning is snaarstyf in die Republiek waar onreg om elke hoek en draai skuil. Sal hulle vriendskap dit oorleef? Sal hulle vir Rudi oorleef? Of gaan die sondes van hulle vaders hulle inhaal? Dit alles gebeur gedurende 1986, die jaar waartydens Halley se komeet ’n draai kom maak.

Halley se komeet is ’n uitstekende grootworddrama met geloofwaardige karakters en ’n sterk storielyn. Die skrywer beskryf daardie spesifieke era so goed, dat die leser voel sy of hy is daar. Die spanning om die uiteinde te vind, loop hoog en dryf die leser enduit. Dit neem ’n spesiale skrywer om die era, waarna verwys word, in soveel detail en met soveel emosie te beskryf. (’n Mens dink hier aan Harry Kalmer, wat dit ook baie goed regkry.) Almal wat die 1980’s onthou, sal met hierdie verhaal


This book is only available in Afrikaans.

KOOP HIER | BUY HERE
Pete de Lange moet as tiener probeer oorleef in ’n klein Natalse dorpie gedurende die onstuimige tagtigerjare saam met sy nuutgevonde vriende: Petrus en Sarita. In ’n land wat bloei van rassekonflik is dit makliker gesê as gedaan. Pete en sy vriende het ’n wrede misdaad gesien en die skuldige is op hulle spoor. Sal reg en geregtigheid geskied in ’n land wat reeds polities verwronge is?

It is 1986, South Africa. Pete de Lange, a 16 year-old Afrikaans boy from Dannhauser, a small town in Natal, is shattered. An incident between him and Rudi, an Indian girl called Sarita and a Black farm boy called Petrus, will change his year, and probably his life, forever. What will the shell-shocked murderer Rudi do to make his life even more hell? Rudi is the one that has caused all the trouble in the first place. Will he pay for his sins after what he has done to Sarita? Should Pete go to the police? Will they believe him? Then, what is Sarita’s dad, Venny Naidoo, up to with his secretive late-night radio transmissions? So many questions for a boy, while he is only trying to make the first rugby team, get through standard eight and win the heart of Renate Basson, his high-school crush.

An unlikely friendship develops between Pete, Petrus and Sarita, where they meet every Sunday afternoon in Sarita’s dad’s convenience store. Pete has feelings for Sarita, but it cannot, for she is an Indian girl.

It is still High Noon in the Republic where everything is not what it seems and turmoil knocks on every door… Will this friendship last, or will the sins of the fathers end it? All of this will happen during the coming of Halley’s Comet, in 1986.

Halley se komeet is an extremely well-written coming-of-age-drama with believable characters and a well-written plotline. The author portrays a certain era of South African history so well, that the reader feels he or she is actually there. The suspense to see what will happen in the end, is nerve wrecking. It takes a special mind (like Harry Kalmer’s, who also does it so well) to recall the past in so much detail and with such delicate emotion. Everyone growing up during the 1980s will be able to associate with this story.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

SOSIALE MEDIA

VOLG ONS